The Spammers have been SPAMMED, http://www.ruggaworld.com is back online!
Google

Friday, January 13, 2006

 

Other teams/unions: Spears is vlymskerp


Source: Die Burger

Jy kan ’n stad rooi verf, jy kan rooi sien as jy kwaad is en jy kan bloedrooi bloos as jy skaam kry, maar die Sentrale Cheetahs kan dalk môre met ’n bloedneus hier van die veld stap ná hul wedstryd teen die bloedrooi Southern Spears.


Die Spears, Suid-Afrika se nuutste toevoeging tot die Super14-reeks, pak die sterbelaaide Cheetahs, met Springbokhelde soos Os du Randt en Ollie le Roux in hul geledere, om 15:00 in die OPRU-stadion. Vir toeskouers wag daar ook ure se vermaak voor die hoofwedstryd.

Die hekke open om 09:30 en in die voorwedstryde, wat om 10:45 begin, pak die OP se A- en B-spanne hul Griekwa-eweknieë.

Die spelers begin om 14:20 vir die hoofwedstryd op die veld opwarm, terwyl die skare vermaak sal word deur tradisionele dansers en die tuisspan se eie rasieleiers, die Spearleaders.

Ná die sing van die volkslied sal die handskoene afkom en die spanne sal inspring en behoorlik koppe stamp.

Volgens mnr. Tony McKeever, uitvoerende beampte van die Spears, word meer as 26 000 mense by dié geskiedkundige stryd verwag.

McKeever het bevestig dat toeskouers wat in rooi geklee is en die advertensies vir die wedstryd in koerante uitgeknip het, gratis toegang sal kry.

“ ’n Spesiale Spears-bus, wat vanaand van Johannesburg in die Baai aankom, sal die Spears-spelers om 13:40 van die kampus van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit na die veld bring,” het McKeever bevestig.

Mnr. Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning en oudpremier van die Oos-Kaap, sal in die stadion wees om die Spears toe te juig.

Mnr. Brian van Rooyen, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), en Jake White, Springbok-afrigter, sal ook die geleentheid bywoon.

“Ek het vir hulle gesê om rooi te dra, anders sal ons hulle nie in die stadion toelaat nie,” het McKeever grappenderwys gesê.

Vir getroue lesers bied Die Burger die geleentheid om die stadion met meer as net goeie rugbyherinneringe te verlaat.

’n Skopkompetisie tydens halftyd raak nou al ’n tradisie in Suid-Afrikaanse rugby en die eerste vyf mense wat vandag tussen 12:00 en 12:15 by Die Burger se Pryslyn-kantoor aanmeld, sal môre die geleentheid kry om na die pale te mik vir ’n prys van R1 000.

Die Burger sal ook 3 000 plakkate uitdeel en die toeskouer wat deur ’n fotograaf met ’n plakkaat betrap word, sal ook ’n volle R1 000 wen.

Mnr. Gideon Botha, woordvoerder van die verkeersdepartement, het gister gesê Le Roche-rylaan tussen Humewood en Strandfonteinstraat sal môre gesluit wees vir verkeer. Slegs inwoners sal die pad mag gebruik.

Volgens Botha sal die pad tussen Schaeffer- en Strandfonteinstraat ook toe wees.

Busse sal toegelaat word om hul passasiers daar af te laai. Minibusse en toeskouers mag op die gras langs die stadion parkeer.

Mense sal ook op die B-veld en op die hoeke van Blackthorne- en Strandfonteinstraat kan parkeer. Alternatiewe parkering word by die NMMU-kampus en Koningstrand aangebied.

Die Cheetahs kom vanmiddag in die Baai aan en sal omstreeks 16:30 by die OPRU-stadion oefen.

Intussen het rugby in die Oos-Kaap nog ’n hupstoot gekry toe mnr. Herman Muller, algemene bestuurder van Bushman Sands op Alicedale, gister bekend gemaak het dat ’n bekende Super14-span binnekort ’n oefenkamp op dié reservaat se nuutgeboude rugbyveld sal hou.

Die veld is van internasionale gehalte en Bushman Sands beoog ook om ’n groot gimnasium, stoomkamers, hidro-baddens en konferensielokale hier op te rig.

Volgens Muller het drie internasionale rugbyspanne reeds aangedui dat hulle in die toekoms ook oefenkampe op Alicedale wil aanbied.

Comments:
I thought this was going to be broadcast on the net? If it still is, please let us know what the address will be.

Cheers ek se
 
This comment has been removed by a blog administrator.  
Some people never learn... do they?  
Just to get it of my heart early on, TITANS!!!  
En daardie kriptiese aanmerking OO?


Heheheh


Another Bulls / Cheetahs showdown in Pretoria tonight...
 
Yip DavidS

It seems that the Orangemen are imposing themselves again- on other people paarties.

Wonder if they had the after-paartie yet the Titans.
 
That comment's gonna come back to haunt you OO. The Titans are well known for not performing in Finals, almost like the Cheetahs was before last year. So we do not have the bubbly on ice yet, unlike the current champs, the Eagles, who are a bit arrogant at the moment.  
Aldo,

You have an unfair advantage when it comes to the bubbly on ice. It is still fresh in your memory
 
Why are you sayin the Eagles are arrogant Aldo?  
OO

The Eagles have won so many finals they can't count it.

The Titans win in the Pro 20 last year was probably their first in years.

They're a team that chokes in finals as a rule.

I don't think they'll be opening anything just yet.

Has anyone seen Loots Bosman?


Bladdy hell. If that boy comes off tonight it's goodbye nurse for the Titans. 41 average over 2 years with an 84 strike rate.

Pro 20 Master Blaster last year. Scored the only 100 in the Pro 20 last year!!!!!!


Now I wonder why the hell he hasn't been considered for the national squad yet...
 
And Clayton

Despite the Boere Thug name he's a liquorice all sorts.


Would fail the pencil test
 
davids,

so right on loots - but no, the damn idiots in our national setup persist with an out of form gibbs (in recent one days forget his test century)
 
If he fires, the Titans just needs to have an opening pertnership like Sunday. Did you guys see that? Bloody awesome.

OO

Davids sort of answered your question. The Eagles might just be complacent, unlike the Titans, who has a point to prove.
 
Ja PA


Our national team has played exactly two Pro 20 matches.


This is in stark contrast to the provincial players like Loots, Johan VD Wath and some others who have played a whole damned season of it, and yet did you see any of the EXPERIENCED Pro 20 SA players in that match against Australia?


Nope...
 
Aldo

Just remember that the Bloem Boys will loose the complacency when they rock up at the BIG CITY- or so the legend goes ;-)

Good point- that the Titans maybe the hungrier- I hope the Eagles play thier game well

DavidS/. PissAnt

agree fully on Loots- what must he do more- and i do not even want to discuss J vd Watt. putting a spin on Swing- my ass But Haroon & Mickey will have to take some stick

I just think that the Cricket boys are really unfit- I would like to see Greame Smith with less inputs on the trining regimen- he looks as lazy as Lance klusener and Jonty Rhodes to be appointed as Conditioning Coach.

Why is Kallis dropping catches like Boucher all of a sudden- they are not sharp enough- if they do want to train- they should not play
 
do not want to train -they should not play  
OO

I agree with you, that's my problem with the national setup. Senior players like Smith and Kallis run the show. Mickey Arthur is just the type of coach to let them run the show. That's why Ray Jennings had to go, he didn't allow the boys to have their own way. For some reason SA people become lazy when they're not kept at bay.
 
Yip

the Eagles havent been nobody's Country Couzins for a long while-

the Titans have no reason to be complacent

I must say it is a 50/50 game

Hope the Eagles play like Champs!
 
So the Eagles have bowled like Champs and the Eagles batsmen was complacent- and it was the Orangemen tail that wagged the titans-lowercase T intended.

Well done Eagles 4 trophys out of the available 5.

The Tswane takuza must hate the colour of Oranje ;-)

hey Aldo- whatsup?
 
Johan vd Wath is 'n yster!!!!  
Post a Comment


<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?