The Spammers have been SPAMMED, http://www.ruggaworld.com is back online!
Google

Wednesday, December 14, 2005

 

Swakste jaar in jare vir Aussie-sport


Article by Boertjie.

Australiese sport het vir 'n verandering bra min suksesse om aan die einde van 2005 op terug te kyk – en dit was nie net die Wallabies wat misluk het nie.

Die Aussies is nou nie juis die gewildste spesie buitekant die eiland Doer Onder nie, en dis met 'n taamlike mate van schadenfreude dat RuggaWorld kan berig dat die jaar 2005 in baie opsigte eintlik 'n yslike annus horribilis vir die Kettingslepers was.

* In krieket het hulle die reeks om die As vir die eerste keer sedert 1986-87 verloor – nadat Glenn McGrath ewe arrogant voorspel het hulle gaan met 5-0 wen.

* Die Wallabies het agt van hul nege wedstryde verloor, laaste geëindig in die Drienasies en ontslae geraak van hul afrigter, Eddie Jones.

* Nie een van hul Super 14 spanne het die halfeindronde gehaal nie (Suid-Afrika s'n natuurlik ook nie!)

* Die rugby league span het sy eerste reeks sedert 1978 verloor – teen Nieu-Seeland met 0-24.

* Die 'onoorwinbare' Kostya Tsuzu het sy weltergewig wêreldtitel teen 'n Brit verloor toe hy handdoek ingegooi het.

* Die Aussies is vroeg uitgeskakel in die Davisbeker, en Lleyton Hewitt kon nie die Australiese Ope wen nie.

* Nie een van hul gholfspelers kon – vir die soveelste keer – een van die majors wen nie, en moes toesien hoe die Kiwi Michael Campbell die Amerikaanse Ope wen.

* Daar was talle positiewe dwelmtoetse in verskeie sportkodes. (Nie almal is so gelukkig soos Ben Tune nie!)

* Grootmeneer Shane Warne – wat nou waarsku dat die Proteas 'n sielkundige gaan nodig hê ná die toetsreeks wat Vrydag begin – het self in die poniepers deurgeloop oor sy sekskapades en die verbrokkeling van sy huwelik.

* En net nou die dag het die Kiwi's 'n wêreldrekord wentelling opgestapel in die eendag krieketreeks teen die Aussies.

(En kom ons swyg maar oor die vooruitsigte van Graeme Smith se sukkelende krieketspan in die komende toetsreeks...)

Feitebron: Sapa-AFP
Comments:
Ek laaik dit- punching above their weight  
davidS is a mofgat who fingered BVR up the crack!!!  
damn OO... you beat me to it you boere thug!!!lol  
Hehehehehe, love it!!!!

Early Xmas for us all!
 
Yip Ras- hierdie is lekker nuus Boertjie- baie lekker nuus.  
Boetjie

Ek dag een van hulle spanne en een van ons s'n het die halfeind van die S12 gehaal.


En het hulle rugby span nie darem drie wedstryde gewen nie? Hulle het ons geklop, die Franse in Australie en Ierland tydens hulle jaareind toer.

Nietemin, uitstekende nuus oor hulle swak vertonings. Ons moet maar hoop Graeme en sy manne kan daardie toon handhaaf en nie 2006 die jaar van Australie se terugkeer maak nie deur hulle toe te laat om die jaar op 'n wentoon af te skop nie.


wpw .... too late....
 
DavidS
Ja, jy is reg. Dit moet lees "agt van hul laaste nege wedstryde".
En Waratahs en Bulls was in die halfeind, dink ek. Van die S12 en nie S14.
Ek het die fout gemaak om Cape Argus en Sapa-AFP se kopie net so te vertaal sonder om die feite te kontroleer.
So ek dop hierdie een.
Wys jou net :-)
 
Ag nee wat boertjie

Dis ok

It couldn't have happened to a more deserving nation though...
 
DavidS

:-)
 
I don't like the Aussies one bit, but we are deluding ourselves if we wallow in our Schadenfreude on this one.

They've failed this year in many sports but it has been off a very high base. It won't take a huge amount for them all to come right again.

Plus they qualified for the World Cup next year. That's a darn sight more than Bafana Bafana has done.
 
Post a Comment


<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?