The Spammers have been SPAMMED, http://www.ruggaworld.com is back online!
Google

Thursday, December 08, 2005

 

Die helde van my jeug

Ek het vanoggend Kandas se artikel oor Dana se brief aan Oom Frik Du Preez met erge heimwee gelees. Dit het amper trane in my oë gelaat. Dis nogal moielik om oud te word. Dit het my teruggeneem na my jeug en my helde verering van ene Theuns Stofberg tydens die 1980 Leeus toer. Dit was die toer waar ons hulle teruggekry het vir 1974.

Ek onthou nog dat dit ‘n warmerige winter in die Oosrand was. Almal was ontsteld oor Rhodesië se David Smith in plaas van Noord Transvaal se Tjokkie Van Der Merwe op binne senter gekies is vir die Springbokke in die eerste toets. Nog meer ontstellend was die kies van Divan Serffontein as jong Naas Botha se skakelmaat bo mense soos Tommie Du Plessis en Gerrie Sonnekus. Daar was ‘n klein gegrom oor Robbie Blair en Dewet Ras nie gekies is bo Naas Botha nie.

Lee Barnard was die nuwe Transvaal losskakel wat ons sou red nadat Gerlad Bosch uitgetree het. Richard Prentice was ons bul stut in die Bok span.

My ma het vir ek en my boetie en sussie Transvaal klere gebrei. ‘n Trui, serp en mus vir elk. Mens het nie in daardie dae die span klere gekry soos vandag nie. Selfs al het mens, was one heeltemaal te arm om dit te bekostig. Ek het een keer die mus en serp gedra sodat my pa foto’s kon neem van ons drtie in ons Transvaal klere, maar die trui het baie keer in ons tuin, of die van my vriende die Currie Beker gewen.

Ek het twee vriende gehad. Klein Deon (want daar was ‘n groot Deon) en Klein Wimpie (want daar was ‘ n Groot Wimpie en ‘n Wim). Ons drie het soos manskappe elke dag op Klein Deon se grasperk rugby gespeel. Klein Deon as die Noord Transvaal, Klein Wimpie as die WP en ek as Transvaal. Somtyds het ons gespeel toetsrugby gespeel. Dit was toe Klein Deon se groter broers, Danie en Wimpie teen ons gespeel het.

Danie was reeds in die Weermag gewees, Wimpie in Matriek, en dit was ‘n eer om teen die groter seuns rugby te speel, al het hulle ons altyd laat wen. Ek onthou nog hoe die drie van ons beplan het om al die Springbok drieë van daardie reeks na te boots in ons ‘toetse’ met Danie en Wimpie (wat natuurlik altyd Die Leeus was). Klein Wimpie wou Divan Seffontein se drie in die Kaap naboots, Klein Deon wou Gerrie Germishuys se eerste drie naboots (die een wat die eerste toets gewen het en ek moes Rob Louw wees wat daardie laaste pass so bo-oor die Leeu vleuel se kop met die een hand gedoen het), maar ek wou Theuns Stofberg se drie in die tweede toets naboots. Die stromram een in die hoek.

Ek onthou ook dat die gras so geel was. Ons het kortbroeke gedra met ons truie soos regte rugby spellers. Ons het elke drie nagemaak en ons het Danie en Wimpie geklop. Ek kan nog onthou hoe trots ek was toe ek uit die geel gras uit opstaan met my rou knieë na ek Theuns se drie gedruk het. My reeds verslete Transvaal trui was vol dooie gras. En ek onthou hoe Deon die skop gemis het (Die’pale’ was twee bakstene wat startegies uitmekaar geplaas was).

Klein Wimpie is ook intussen dood in ‘n motorongeluk. Ek weet Klein Deon se ouers woon steeds in Boksburg op hulle plot en Oom Deon ry nog steeds sy Blou Audi waarvan ek so baie gehou het. Ek weet nie wat het van sy drie seuns geword nie.

Daar was werklike helde van rugby. Die tipe mense wat na ‘n wedstryd toegelaat het dat die skare hulle oorweldig en op skouers van die veld dra. Manne wat sterk was van hulle lewenstyl. Ons helde wat vir die liefde van die ding gespeel het. Soos wat ek en Klein Wimpie en Klein Deon op ‘n menige droë middag op ‘n geel grasperk op ‘n plot in Boksburg in die waterige hoëveld winter son hulle nageboots het.

Ek weet nie of ek ooit daardie dae sal herwin nie…

Ek kyk na my nefies vandag. Die wie se ouers hulle weerhou van rugby weens die 'gevare' van die sport. Die wat voor hulle Playstations sit dag en nag. Die wat hulle hiphip klere aantrek en weier om hulle Nike tekkies naby enige iets so vuil soos sand of gras te bring.

En ek vegelyk hulle met ons drie laaities wat op harde geel gras elke winter die Springbokke nagemaak het met ons kort broekies, verslete truie en vuil kaal voete, en 'n almintige sware leer rugby bal.

En dan besef ek dat ons kinders nooit die heug van ons jeug sal ervaar nie.

Bo alles is dit wat my hart breek.
Comments:
1st to post. Hmmm. Great. So here goes,

DRAGONS!!!!
 
This comment has been removed by a blog administrator.  
Trane, dis wat die een na my oe bring, regte egte trane. Ai, dit was darem die dae. Met die professionalisme in sport is daardie dae ook verby.  
DavidS

Someone (StP?) asked if we dont have a life. It is when I read articles like these (with the added effort and respect to write it in Afrikaans!!!) that I realise once again that Springbok Rugby is build on passion like this. Pity that not everyone in SA Rugby shares this passion.

Baie Dankie!
 
wpw

Think we must get something new for this site. Any recommendations? The dragons thing just doesn't suit the level of journalism on this site, it's a lot more meaningfull than keo and his cronies. :)
 
Ja - dit was die dae!

Het self op my dag baie wedstryde op die gras by ons huis in Wavisbaai gespeel.

Ons kon nie die 1980 toetse, soos die mense in die Republiek sien nie, maar iemand by die rugby klub het gereel dat hulle met die Maandag Vliegtuig, Rooikop toe, saam met die Rapport, vir ons n video bring.
Ons het dan Maandag aand in die Rugby klubhuis die toets gekyk en elkeen n klien botteltjie Coke en n pakkie sout en asyn chips gekry.

Baie jare later het ek vir Theuns Stofberg ontmoet en sien hom deesdae gereeld hier in Stellenbosch rondloop. Vir my is sy krom vingers en ongemaklike mank loop iets om te waardeer.

Sy jongste seun, Johan, het die laaste twee jaar vir die WP se Craven Week span uitgedraf, op Slot en Flank - nes sy pa.

Die outjie, wel nie dat hy klien is nie, gaan ook nog groot rugby speel!
 
DavidS

Die liedjie van Mike & Mechanics-"in my fathers eyes" vra ook miskien so 'n bietjie van dieselfde vrae wat jy vra- en ons almal weet dat die antwoorde miskien nie van gehou word nie.

Graag wil ek he Orakel I, II en III moet die jeug leefstyl he wat ek gehad het- maar dit is nie altyd moontlik nie-

Ja- SA Rugby se grootste bate is sy ondersteuners- net jammer die SARU clowns glo hulle eie press oor die fans en voel eintlik maar soos mallet oor ons.

Lees jou arti saam met Ras se Canadian connection waar daar nie droe geel gras in die winter is nie maar sneeu- dan moet mens besef hoe bevoorreg mens was- en dit het tereg niks met geld of ekonomiese bemagtiging te doen nie
 
Board Members

Is their a way to move the Comment part to the bottom of the thread? as in Keo.

It will become increasingly difficult to move to the top of the post after reading the last post of a long Brannasnacht thread ;-)
 
Yip Pietploos aka .....

Theuns Stoffberg was 'n yster oppie veld.
 
OO

With the other board members' permission I will from time to time look at the technical aspects of the site. We'll sort it out.
 
aldo

Dragons will do just fine- the practise was not created by HSM- it was something spontaneous- Donner & Vleis I believe were some of the first and most effective players. It had to do with a link that disappeared on the thread after the first post- Ig will be able to describe it best.

The reason why I supported it all along is because it is part of a rugby blog's culture (Keo's)- although the blog managers rejected it.

let it live on here...

DRAGONS RULZ !!!
 
Dis 'n lekker storie om te lees en dit laat mens lekker terugdink aan daardie dae.

Ek wil regtig graag iets weet van julle ouens wat hierdie site opgestel het. Ek bedoel dit regtig nie lelik nie, maar wat doen julle vir 'n lewe? Ek kry skaars kans om die artikels te lees, wat nog te sê van met die ouens chat. Julle het duidelik die tyd daarvoor. Is julle werkloos of is julle so ryk dat julle nie nodig het om te werk nie? Of is julle by die werk en werk maar net nie? Ek is maar net nuuskierig.
 
OO


Theuns Stofberg en Ray Mordt was my heroes. Dis nogals weird, siende dat nie een van hulle ooit vir die Leeus gespeel het nie, alhoewel Theuns vir OVS, Noord Transvaal (in die Wermag) en WP gespeel het.

Ray was my held want hy en my Oom het saam Rhodesia Schools gespeel op vleuel op Craven Week.
 
Ballas

Behalwe ons passie vir Rugby en alles wat daarmee saamgaan, is dit ook ons doel om aan die vroulike geslag te bewys dat ons wel kan "multi-task". :)
 
DavidS

Greame Pollock & Clive Rice was my cricket heros gewees- in my jeug was Vrystaat nog nie deel van top flite cricket nie- was al uit die skool toe die Oranje masjien begin roer het- Robbie East was groot hier by ons

Punt is Hero's is hero's- oor provinsiale grense.
 
OO
I dont like Clive Rice. He is always going on about quotas in cricket and moans about this all the time. He says that Pietersen left becos of this when in fact he was a pimple faced 19 yr old who wanted a contract with Natal and then the UCB. He has proved to be very cocky and i cna just imagine the CEO of Natal and UCB not giving in to his demands. So now he blames it on quotas... What a tosser!!!
 
Wes

I agree on KP.

On Rice-the context of my post was to say hero's go beyond provincial lines- in SA 2005 it would be great if it could go beyond racial lines.

On Rice as a cricket entity- no comment- not that I do not have one, but it will serve no purpose.

seeing him graft with ball & bat when I was a laaitie- priceless
 
Nou toe nou - lyk my die jong manne het ook al nostalgiese herinneringe aan hul jeug :-)

Wie was al op Port St Johns Tweede Strand?
Ons het een vakansie ons ma's oortuig dat ons netsoveel kos by die see sal eet as by die huis, sakke gepak en op verskillende maniere daar uitgekom. Agt van ons, twee weke lank in twee tente.

ORANJE ORAKEL
Sterkte met daai opvoedingstaak van die Orakeltjies - dit moet moeilik wees in vandag se tye...
 
Julle sien, dit is die tipe artikels wat 500 posts+ kry.

Briljant Davids

Nostalgie is seker die beste "stress reliever" wat daar is.

OO Jy is amper in die platteland en dit behoort nie te moeilik te wees om jou kinders die werklike waarde te leer daar in Bloem nie.
 
bliksem.

davids, there are so many things that you said that reminded me of my own youth. we are 5 brothers, and believe me, those rugby matches were played in sun, rain and snow.

as a young boy we lived in the eastern transvaal and i know what you meant when referring to the knees and dead grass!

two of my brothers has kids now, we are "peetouers" for two of them, 6 and 3 years old. and nothing grates me more than these kids coming home from school, especially the little boy, and just plonks down in front of the tv and watches cartoon network.

when i had to look after them, i refused them sitting in front of the TV and rot. it was put off and either they rode their bikes in the street, it was a crescent and very safe, or go swimming, or whatever. and you know what, they loved it.

i can only hope some parents, like you, realises there is a balance in life that needs to be struck. yes we lived or grew up in different times, but somethings must never change. why do you think the youth of today is so messed up? walking into schools blowing their mates' brains out?

nevertheless, lovely piece, thanks.
 
Donner

Yip, bloem is rustig maar dis ook nie meer die plaas nie- ons het maar dieselfde probleme as ander plekke

PA

It is the parents that is using the TV as a nanny that is to blame- not the children- they are just conditioned- did you watch after them when they were riding their bikes in the street- most likely they are hungry for the participation of adults as well.

I am playing lego with the boys- they will take it 100% over TV, when I have to do something- I put on a movie & although Heffalump- rocks it is not the same.

The fact that the mothers are working had killed of the practise- hi ma ek gaan gou by Piet speel- as your ma had truxted the setup at Piets place you were allowed to go.

Lets not be too critical of the kids- they are learning from what they see and experience
 
i agree OO,

i am very passionate about our youth, and sometimes i shoot from the hip!

i grew up having a mom around for 24 hours, so yes it is different.

luckily parents like yourself and obviously davids realises we must instill balance in our kids lives too.

i still joke with my heks that i/we have never in our lives owned or bought a TV, yes we dont have kids yet, but it is just not something that interests me in the least. the only thing its good for is sport and to watch the occasional movie imo.
 
True okes


Kids today are learning from parents who get home after 17h00 completely buggered and if truth be told, sometimes when you've had a moerse day at work, nothing pleases you more than to switch on Barney abd get a bit of rest and quiet.

Aside from which, the way things are at the moment, who knows if your kids head intio the street whether you'll ever see them again, so sometimes those fears are justified.

I do the same with my niece and nephew when they visit me. Nobody's allowed in the house, and the tv is NEVER switched on. TV is a treat that comes at about 18h00 after bathing.

PA


After winter when the rugbyseason was done we reverted to type and played "Troepies & Terries" with wodden carved guns we made ourselves with our Dad's tools.... of course you always got moered because the old man didn't dig coming home and finding his tools strewn all over the garage, his spykers all over the ground and half lost and his whole roll of insulation tape finished....
 
hehe,

same here davids. and off course we just had to be like trompie too!!! damn donner sorry to use your naming rights!

build our own "bendehuis" in the backyard or in the field close by, and lived on my friends brothers rat packs he used to bring home for us whenever he was out on pass!
 
Jis maar julle ouens raak diep vandag.

ek stem saam met PA en OO, dit gaan oor hoe die ouer die saak benader. Ek het 'n (stief)dogtertjie. Ek het haar eers leer ken toe sy twee was, my vrou het daai tyd nog by haar ma gebly. Daardie dogtertjie het nie geweet wat dit is om buite te speel nie. Toe trou ek en haar ma, vandag wil sy nie meer in die huis sit en DSTV kyk nie. Dit verg so bietjie ekstra moeite, maar wat is lekkerder as om na 'n lang dag by die werk, te ontspan saam met die kinders. Moet se, voor die tyd het sy in die stad gebly, is nou op die plaas. Dit het ook seker 'n invloed.

O ja, ek is besig om 'n paar dinge aan die template te verander en as julle enige idees het, kan julle maar deurgee. Ek werk daaraan om die comment deel aan die onderkant te sit. PA, ek hoop nie jy gee om dat ek so bietjie hulp op die site vra nie. Vir die wat wil kyk waarmee ek besig is, ruggatest.blogspot.com
Daar si waar ek toets voor ek vir PA aanstuur. Daar is een thread op, so julle kan maar julle idees daarop los.
 
DavidS

Maybe we should start a DVD swapout club ;-)

PA
There is a lot of good stuff on DVD- but again the question of balance- and when is the box taking on the responsibility of the parent- I believe that the "isolated world effect" that is behind a lot of the school shootings( that is excluding the drug turf wars) is imprinted from a very early age.

But if you and the Scottish Dame have nothing to do one night- try to watch "Heffalump" it is a great story on how the world should be.
 
aldo

Ek het nou ook die template. Maak jy eers klaar, stuur dit dan vir my en ek sal dan aangaan ok?
 
DavidS,

I would also love to give my kids what we had in our youth, but we must also not forget that we are getting old and even through our lifetime the world has changed considerably. Can you just imagine how it will be when our kids are our age.

It is very unfortunate, but today we need to prepare our children in different ways than we had been prepared.

That said however, I guese the basics is still the basics.
 
geen probleem aldo, dis beter as almal help en met idees kom, hel dis hoe die blog tot stand gekom het en omdat ons die kwaliteit posts kry, verskillende mense met verskillende idees!  
PA


heheheh

You'll see when you get them and you and the Heks have had a crap day at work. Suddenly Barney and his Friends become your friends....

We built a tree house, until some bees took a liking to it....


Aldo


Dankie vir die hulp.



Donner


You're so right. And of course those in-laws of mine with their computer literate spoilt brats have no idea what fun it is when my kids and I chase a rugby ball round the garden and skop it for the dog to chase and then have a quick dip in the pool afterward.


Clears all the work kak out your head and makes you focus on what's important in life...
 
Lol Donner

on your mail

Not even the real Rasputin were that kitted out.

"Free Willy" have a all new meaning now
 
kandas

Het jy al op die test site gekyk, ek het nog nie te veel gedoen nie en om eerlik te wees doen ek dit net wanneer ek kans kry. As jy wil dan kan ek die ruggatest se username en password stuur dan kan jy maar daar werk. Al wat ek regtig tot dusver gedoen het, is die BB girls en die lyn in die middel na links geskuif en die kleure bietjie rondgespeel mee. Soos ek se, ek is so bietjie besig en jy is meer as welkom om aan te gaan waar ek nou is. Ek is nie regtig 'n web developer nie, so jy moet maar verskoon as dit nie so netjies soos meeste mense se html coding is nie.
 
Aldo

Thanks en ek waardeer jou attitude en hulp. Stuur maar die password ens.
 
OO


No problem


I'm sick and tired of Barbie Princess Annika, Barney at the Zoo and The Book of Pooh!
 
DavidS

Pop my jou snail mail box- via e-mail dan stuur ek vir jou vars DVD's

Springtime with Roo
Heffalump Movie
Aladin etc
 
OO Dankie hemel!  
Hey no piracy allowed.  
hey Donner lets do a Saffa napster- no man- if the movie is so looked at- we can do without it for a while  
Ek sien julle is nogsteeds besig met die dvd's. OO, wil jy nie so paar dvd's wat nie vir kinners bedoel is nie aanstuur nie? ;)  
Aldo

het nie van daai nie-laas toe ek nog gehad het was dit VCR
 
Aldo het gelees wat ek vir jou gelos het by die toets site?

As ek die foto vir jou mail, dink jy dat jy dit kan aanpas?
 
ps


ja OO en daardie VHS videos het lankal gebreek en gerek en is onbruikbaar....;-)
 
Hmmm


Aldo



Ek kan nie begryp wat verkeerd is met 'n prentjie van 'n Spearleader wat 'n Bulls poppie oor haar skoot trek en pakslae gee nie....
 
I really enjoyed that story.

Brought back so many memories.
 
Davids

Donner, kandas en PA het my email. Jy behoort hom ook te he seker, mail hom vir my en ek sal sien wat ek kan doen. Stem saam dat dit nogal oulik klink, maar ek sal dit anders om verkies!
 
Ek weet tog wie pietploos is, en dit is tog nie ek nie!!!  
[url=http://firgonbares.net/][img]http://firgonbares.net/img-add/euro2.jpg[/img][/url]
[b]security software to buy, [url=http://firgonbares.net/]cheap computer software in[/url]
[url=http://firgonbares.net/][/url] nero startsmart best software canada
adobe graphics software [url=http://firgonbares.net/]shop creator software[/url] where can i sell software
[url=http://firgonbares.net/]filemaker pro 4.1 templates[/url] software to canada
[url=http://firgonbares.net/]adobe acrobat 9 pro download[/url] buy bartender software
free software of macromedia [url=http://firgonbares.net/]cheap version of microsoft office[/b]
 
[url=http://sunkomutors.net/][img]http://sunkomutors.net/img-add/euro2.jpg[/img][/url]
[b]discount software windows xp, [url=http://sunkomutors.net/]purchase adobe photoshop cs4[/url]
[url=http://sunkomutors.net/][/url] coreldraw 12 graphics suite downloads discount on adobe software
sell my software [url=http://sunkomutors.net/]quarkxpress 4, torrents[/url] nero showtime
[url=http://sunkomutors.net/]go buy software free dvd[/url] software selling shops in
[url=http://sunkomutors.net/]buy Software[/url] free quarkxpress templates
microsoft fax software [url=http://sunkomutors.net/]sell software solutions[/b]
 
[url=http://bariossetos.net/][img]http://bariossetos.net/img-add/euro2.jpg[/img][/url]
[b]adobe photoshop cs4 mac, [url=http://hopresovees.net/]software purchase request[/url]
[url=http://vonmertoes.net/][/url] autocad mep adobe acrobat 9 backward compatibility
adobe acrobat 9 copying and pasting issues [url=http://hopresovees.net/]Poser 7 Mac Poser[/url] kaspersky updates
[url=http://bariossetos.net/]adobe photoshop cs3 activation software[/url] selling academic software
[url=http://bariossetos.net/]can't update quarkxpress 7.0 to version 7.5 on mac g4[/url] cheapest tax software
school discount software [url=http://vonmertoes.net/]microsoft office university discount[/b]
 
[url=http://murudobaros.net/][img]http://murudobaros.net/img-add/euro2.jpg[/img][/url]
[b]downloadable antivirus software, [url=http://murudobaros.net/]best software store[/url]
[url=http://murudobaros.net/]cash sale software[/url] stock price software practicas de coreldraw
educational software cd [url=http://murudobaros.net/]2005 software price[/url] my office software
[url=http://murudobaros.net/]download nero 9 ultra edition[/url] buy adobe photoshop cs
[url=http://murudobaros.net/]kaspersky website[/url] physician office software
error 1606 coreldraw windows vista [url=http://murudobaros.net/]free educational software[/b]
 
[url=http://bariossetos.net/][img]http://bariossetos.net/img-add/euro2.jpg[/img][/url]
[b]buy dvd burner software, [url=http://hopresovees.net/]to buy act software[/url]
[url=http://hopresovees.net/][/url] buy macromedia winzip 12 cracked
academic coredraw software [url=http://hopresovees.net/]buy final draft software[/url] adobe photoshop cs3 extended free trial
[url=http://bariossetos.net/]office document software[/url] software for medical stores
[url=http://vonmertoes.net/]Ultimate Mac OS[/url] adobe acrobat 9 images are gray.
winzip 12 buy [url=http://hopresovees.net/]key acdsee[/b]
 
Great informative post!  
I join. And I have faced it.  
Post a Comment


<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?