The Spammers have been SPAMMED, http://www.ruggaworld.com is back online!
Google

Monday, December 05, 2005

 

Blou Willem Maandag

Blou Willem Met die dat die petrolprys hierdie week so mooi afkom, het ek nou maar besluit om nie meer weg te gaan Hondebaai toe nie. Nee, ek gaan my familie se hele vloot karre volgooi en dan net hier by die huis bly totdat die brandstofpryse weer opgaan, want opgaan, sal hy opgaan, glo my! En dan gaan ek vir jou wyd en syd toer sodat ek kan spaar! Intussen is ek en Dik Daan die naweek met ons laaste tenk ou petrol na die Sonstad toe vir die groot gholf (en was ek spyt, want my bakkie gebruik eintlik diesel!) Ons twee was sover ek kon agterkom die enigste twee ouens wat nie deur een of ander firma soontoe genooi was nie en toe kom ons agter ons sal self moet betaal en nog erger, die heelpad agter Ernie-hulle aanloop, sonder 'n rusplekkie voor die TV in 'n lugverkoelde tent (hulle noem dit 'n tent, al het die goed glasvensters). En as jy mos 'n ou daar sien wat jy ken, waai hy so hovaardig van die tent se stoep af vir jou soos Koningin Liesbet op haar tagtigste verjaardag. Dik Daan sê die ding wat hom altyd die meeste irriteer, is as hy 'n ou daar raakloop en die ou brul dit daar voor almal uit: "My hel, ou Daan, wat maak jy hier??!" "Wat dink die man doen ek daar?" grom hy. "Ek's sulke tye sommer lus en antwoord: 'Ek kom sweet' of 'Jou vrou het my gestuur om jou dop te hou' of 'Ek het kom rugby kyk, weet jy dalk hoe laat is die afskop?' " Maar ek dink ou Daan is seker maar net jaloers oor ons nie ook 'n hemp en 'n sambreel present gekry het nie. Maar aan die ander kant, hoekom gee jy vir 'n ou 'n sambreel as hy klaar heeldag in die skadu sit? 'n Ander tendens het mos sy kop uitgesteek hier in ons ou landjie. Dis nou die AGP, wat staan vir die Armgat-Partytjie. Dis 'n spesiale paartie waarheen jy genooi word (soos vyftigste verjaardagvierings of verlowingspartytjies) en waar jy dan self vir als moet betaal. Die gasheer gee vir jou sulke simpel snackies (drie grondboontjies en vier chips per persoon), maar vir als wat nat is, moet jy self betaal. En dan moet jy nog help opruim ná die tyd! Groot Paul en al sy kantoorkollegas is Saterdag deur hul baas na so 'n AGP by sy huis genooi. Maandag hoor hy hy moet sy eie vleis bring, Dinsdag vra sy baas of hulle sal omgee om maar hulle eie drank ook te bring, Woensdag sê die baas vir hulle omdat van die WP-ouens by die werk nie pap eet nie moet elkeen ook sy eie bykosse saambring, Donderdag kom die eetgerei by op die lysie maar hy sê die cherry op die koek (wat hulle ook self moes bring) was toe hy Vrydag op kantoor hoor hy moet sy eie sitgoed saamvat. Toe gaan huur hy maar 'n bakkie en vat sy sitkamerstel, want hy sê hy het nie opvoustoele nie. Ag nee wat, as 'n ou nie kan bekostig om sy vriende te trakteer nie, maak dit dan maar 'n koek en tee op die dieretuin se grasperk! Pêlle gee vir pêlle met 'n lekker hart, veral hier in die feestye. So onthou as jy die dieretuinopsie kies: moet nou nie dat jou pêlle self hulle eie koekvurkies, bordjies en koek bring nie!
Comments:
Ras,

For a moment there I thought you were Weskus Willem.

Fuck this site is slow. Wish the Yankees will go to bed or blow up or something
 
Ras
Shyte, is there any site you don't visit?
Yep, this guy is one of my favourites. Last week had a beautiful story about the one and only Frik.
Can forward it to you if you have missed it.
 
Yes, please forward it, Boertjie.  
Ai, die afrikaners darem  
I spent a weekend at SunCity in 1998 when those f---ing Poms finally became the team to stop our march to record greatness and the most consecutive wins.


And then I went there with Nedbank. That was cool. You got a hat, a shirt and a brollie.

We watched two holes. Can't recall which, but the 9th was one. It was clear Tiger Woods was going to rip Ernie a new one. So we left for the hospitality tent, hoping the Boks would deliver. There was one England fan in the whole tent and they had a big screen tv.


After the game I wanted to moer this England f---er, but he was gone. . . . .of course he may have been there but I was very drunk.


We ended up emptying my backback (had a raincoat and other clothing and suntan lotion etc) throwing the lt away and filling it with beer for the bus home as there was no beer on the bus. When we got to Jhb, we still had about 8 beers.


I was VERY stukkend.


I woke up at about 03h00 on my uncle's couch when my then girlfriend phoned to say she was coming to fetch me because she was feeling lonely.....I told her to f---off. Amazing that the woman married me eventually. Then I was awake with a 'nadors' of note and I put on the tv. I watched Glen McGrath and Shane Warne bowl the Proteas to pieces. I especially remeber Adam Bacher look like a rabbit stuck in the headlights of an 18 wheeler!



I had images of us losing and Andre Venter coming to within a heartbeat of scoring at the end of the match, but that was it.
 
Post a Comment


<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?